-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Ouers en leerders van Laerskool Bosveld Primary is onlangs ontvang by Mogol klub se funksie saal wat spesiaal opgemaak was vir die spoggerige geleentheid.
Die leerders is bedank en beloon vir hulle harde werk deur die jaar wat verby is.
Carli Botha is gekies as medalje wenner vir krieket in die o/7 jaar groep. Carli het glo van die seuns ‘n ding of twee gewys en sy staan beslis uit en het ‘n talent vir die sport.
Hierdie jaar word daar ‘n spesiale toe-kenning gegee aan leerders wat uitsonderlik gevaar het in swem, Ane Besseling word dan hierdie jaar gekies vir die junior dogters swimmer van die jaar.
Tianca Engelbrecht ontvang vanjaar die toekenning vie dienslewering, hierdie toekenning gaan aan ‘n Graad 7 leerling wat altyd bereid is om te help.
Kultuurdogter van die jaar is die jaar aan Nathalie Perrier gegee. Nathalie is ‘n volbloed kultuur-dier wat aan 12 kultuur-aktiwiteite deelgeneem het hierdie jaar.
Sewe jaar getroue skool besoek gaan aan Diehann Pretorius en Dione Viviers.
0 Comments