<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Matrieks is Piet Pot se trots

 

Jan Gerhard Venter het 11 onderskeidings behaal.

School : 09 Jan 2015 307 Viewed By Helena Raats 0

Met ‘n slaagsyfer van 97.5% en 134 A’s in totaal is HPP se hoof, Jas Hansen, meer as tevrede met die skool se matriekuitslae. “Ons kinders het hard gewerk en 59% het universiteitsvrystelling terwyl sowat 38% by ander instellings kan studeer,” sê hy. “Ons leerders het goed aangepas en die nuwe CAPS onderwys sisteem is goed ontvang.”
Die skool se uitblinker is ook een van die toppresteerders in Suid-Afrika: Jan Gerhard Venter het 11 onderskeidings behaal. Hy was ook onderhoofseun in 2014 en het op verskeie velde, ondermeer redenaars en koor, uitgeblink. Jan Gerhard sê dat hy al van kleins af ’n liefde vir wiskunde het en het onlangs aan Beeld gesê “as ‘n mens dit verstaan, hoef jy jou boonop nie dood te leer nie.”
Hy gaan vanjaar B.Com. (Forensiese Rekeningkunde) studeer aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus en beoog om vorentoe sy honneursgraad in geoktrooieerde- en forensiese rekenmeesterskap te verwerf.  
Die ander HPP uitblinker is Kristen Potgieter wat agt onderskeidings ingepalm het. Sy gaan die jaar aptekerswese studeer, ook by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus. Sy vertel dat sy al van jongs af baie belangstel in die mediese veld en uitsien om haar voor te berei vir haar toekoms. Kristen se tweeling-sussie, Jaclyn Potgieter, het vier onderskeidings ingepalm en gaan haar B.Com.-graad in bedryfsielkunde en arbeidsverhoudingebestuur afskop by dieselfde kampus.
Ander uitblinkers sluit in: Deidre Uys, Johan Senekal (elk ses onderskeidings), Estee Pretorius (vyf), Rudolf Jacobs, Obed Malatji en Stefany Seymore (elk vier onderskeidings).

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube