<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

EHS se vlam brand helder

 

Hoërskool Ellisras se toppresteerder Nadia Louw en haar verheugde RTT-onderwyseres, Mariette Weber. Nadia het matriek geslaag met agt onderskeidings. Foto: Fransa de Beer.

School : 09 Jan 2015 483 Viewed By Fransa de Beer 0

Hoërskool Ellisras (EHS) is oorstelp van vreugde oor 2014 se matriekuitslae sê EHS skakelpersoon, Fransa de Beer. “Die leerders behaal 111 onderskeidings met ’n slaagsyfer van 89.13%!”
Sowat 76% van die 138 kandidate wat uitslae ontvang het, kan by universiteite en ander instellings gaan studeer.
In ’n bespreking oor die slaagsyfer het die hoof, Louis Campbell, dit toegeskryf aan onder andere die nuwe CAPS sisteem wat in vakke soos Fisiese Wetenskap ’n lywige sillabus inhou. Die departement van onderwys het bekendgemaak dat CAPS ’n moeiliker sisteem is om die kwaliteit van onderrig te verseker. “Desondanks het EHS leerders in dié vak ses onderskeidings behaal,” sê De Beer. “Rekenaartoepassingstegnologie blink uit met 14 onderskeidings, English first additional language (FAL) met nege, Afrikaanse huistaal met ses.”
EHS se ster leerder is Nadia Louw met agt onderskeidings. Nadia gaan aan die Universiteit van Pretoria met haar B.SC. Biologiese Wetenskappe graad begin met die oog daarop om ‘n beroep in die mediese of forensiese veld te beoefen. Op die vraag waaraan sy haar sukses toeskryf antwoord sy soos volg: “Sukses kom van harde werk en mens moet beslis ’n passie hê vir dit wat jy doen. Sonder God is niks moontlik nie, ek is baie dankbaar vir die talente wat Hy vir my gegee het.”
Woorde wat haar altyd sal bybly en wat haar alreeds baie in die lewe gemotiveer het: “Doen vandag wat ander nie wil nie, sodat jy môre kan doen wat ander nie ken nie.”
Nadia behaal onderskeidings in Gevorderde program wiskunde, Afrikaans huistaal, English FAL, wiskunde, LO, Fisiese Wetenskap, RTT en IGO. Sy ontvang toekennings van die Limpopo department van onderwys as die beste leerder in Limpopo in Rekenaartoepassingstegnologie en ‘n toekenning vir Top 30 leerlinge. Nadia se gemiddeld is 90.3%.
Ander uitblinkers sluit in Jamie Lee Victor (84%), Nandri de Beer (83.7%), Johanna Maruma en Albie Grobler (82.6%), Wynter Pretorius (81.9%), Jacques du Plessis (80.9%) en Eduan Schoeman (80%). Beste leerder in Afrikaans Huistaal en English First Additional Language is Nandri de Beer met 89% en 91% onderskeidelik. Rekeningkunde is Wynter Pretorius met 81%, Lewenswetenskappe Jamie Lee Victor 86%, Geografie Jean Claude Coetzee 81%, English Home Language Denishia Moodley 79%, Sepedi Mitchell Monokoane en Lebogang Motiba 85% en Afrikaans Eerste Addisionele Taal Morris Moshidi 81%.
“EHS maak die beste van elke leerder se vermoëns en wens elkeen ’n suksesvolle toekoms toe.

 

 

 
 

Johanna Maruma van EHS het ses onderskeidings verwerf.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube