-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – Hierdie jaar se matrieks het oorgenoeg geld ingesamel om vir Hoërskool Piet Potgieter ‘n behoorlike ingang in Pretoriusstraat te laat bou.
Die skoolhoof, Jas Hansen het Woensdagoggend die hek se amptelike opening aangekondig deur ’n gedenksteen met die woorde “Poort van die Toekoms” te onthul.
Die leerders se matriekafskeid fondsinsameling was genoeg om Hansen se 20-jaar lange droom te bewaarheid. Hy verduidelik die “poort” is simbolies van ‘’n ‘ingang tot kennis’ wat ook beteken dat dit ’n poort tot leerders se toekoms is.
“Ironies genoeg is dié groep leerders dieselfde groep wat die ingang van Laerskool Krugerpark in Bezuidenhoutstraat in hulle Graad 7 jaar ook moontlik gemaak het met insamelingsprojekte!”
Zebediela Bricks is ook bedank vir hulle flinkheid met die bou van die ingang.
0 Comments