-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Ellisras Hoërskool het verlede Vrydag hul Interhuis atletiekbyeenkoms by die skool aangebied en in die proses 10 rekords verbeter teenoor verlede jaar se drie en 13 atlete het hierdie jaar meer as 700 punte op die ASA tabel opgelewer.
Atlete wat die rekords laat spat het is die volgende: AJ van der Walt breek Ruan Booyse se 2012 rekord in 110m hekkies seuns o/19 van 15.22s na 15.10s. Archi Dinale breek ook hierdie rekord en behaal ‘n wentyd van 14.40s.
Rekords word gebreek deur Fanie Modimola seuns o/14 in die 100m met ‘n tyd van 12.10s. Die vorige rekord behoort aan Flippie Hattingh in 2003! Fanie breek ook Len Vermeulen se rekord in die 200 s o/14 verspring van 5.56m tot 5.63m.
Larissa Nel d o/16 verbeter Salome Gouws se rekord van 2004 in die 100m hekkies van 17.40s na 17.00s. Ouma Mpuhlo dogters o/16 verbeter Zalika Strydom se rekord van 2013 in gewigstoot van 9.62m na 9.81m. Loutjie Steenekamp verbeter sowaar twee rekords: Christiaan Kruger se 2012 rekord in 110m hekkies s o/16 van 15.15s na 14.90s, asook Jaco Smit se rekord van 2001 in 400m hekkies s o/16 van 0.58.10 na 0.57.90s. Johané Pistorius verbeter ook twee rekords: Lizelle Pieterse se 2002 rekord in diskus dogters o/17 van 33.31m na 34.80m! Sy verbeter ook Zalika Strydom se rekord vir gewigstoot o/17 van 10.58m tot 12.02m.
Junior victrix ludorum 2015 is Charné Vosloo, junior victor ludorum gaan aan Steyn van Staden, senior victrix ludorum is Larissa Nel en senior victor ludorum is Loutjie Steenekamp.
Die beste prestasies vir die dag gaan ongetwyfeld aan Johané Pistorius wat vier trofeë verower. Sy dra al haar trofeë op aan haar beste vriend Tiaan Geldenhuys met die woorde: “Ons is so bly jy is weer saam met ons, ons is baie lief vir jou.” (Tiaan is die sewes rugbyspeler wat in Nederland beroerte gekry het tydens ‘n Verre Noord toer.)
Johané wen bekers vir o/17 dogter beste veldnommer (diskus 870 ASA punte), beste atleet in individuele item (diskus), beste prestasie skyfwerp en beste prestasie gewigstoot (850 ASA).
Loutjie Steenkamp o/16 verower beste individuele naellope en beste atleet 400m. Anina van Schalwyk o/17 verower beste prestasie spiesgooi, Archi Dinale wen beste prestasie hekkies (896 ASA punte!) en Cliffie Els wen beste prestasie senior hoogspring.
EHS bedank al die ouers wat ondersteun het en die leerders wat gebly het tot die einde!
- Fransa de Beer
0 Comments