<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

HPP se bestes presteer voort

 
School : 29 Jan 2015 70 Viewed By NoordNuus reporter 0

MOKOPANE - Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se atlete het besonders goed presteer tydens hulle deelname aan ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkoms by Hoërskool Nylstroom verlede Vrydag. HPP se top 10 atlete van die byeenkoms is as volg:
Marnus Uys is eerste en het uitgeblink met sy deelname aan die 100m wat hy in 10.70 sekondes afgelê het.
Tweede is Mirieck Griessel met ‘n gewigstoot afstand van 12.16m.
Luzaan Taljaard het vir haarself ‘n derde plek verseker in gewigstoot toe sy die gewig10.95m vêr gestoot het.In die vierde plek is Soretha Kruger. Sy het ‘n afstand van 36.06m met die diskus behaal.
Pontsho Ngobeni se lang asem in die 3 000m wat sy in 09:09.90 sekondes afgelê het, besorg aan haar ‘n vyde plek.
Sesde op die top tien lys is Sello Nyawene. Sy het die 3000m in 09:23.90 sekondes afgelê.  Ashley Coleman is sewende. Haar afstand in gewigstoot was 10.79m. Peter Tau het weereens bewys hy verdien om ‘n top atleet te wees tydens sy deelname aan die 1500m wat hy in 04:15.20 sekondes afgelê het. 
Morgan Makubele is die negende top atleet. Hy het die 400m in 53.10 sekondes afgelê. Limit Cilliers is HPP se 10de top atleet met ‘n afstand van 08.63m  in gewigstoot.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube