-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die Rassies wat eerste plekke behaal het teen HPP is (agter) van links is Anthony Williams s o/14 gewigstoot,Charné Vosloo d o/15 100 en 200m, Bernice Moller d o/14 90m hekkies, Nelia Grobler d o/15 diskus, Anina van Schalkwyk d o/17 spiesgooi, Mathilda Botha d o/19 hoogspring, Mariet Jordaan d o/19 400m hekkies, en Archi Dinale b o/19 verspring en driesprong. Voor Divan Geldenhuys spiesgooi s o/14, Cliffie Els s o/17 spiesgooi, Loutjie Steenekamp s o/17 110m hekkies, 400m hekkies en 200m, Charl Louw s o/19 diskus en Fanie Modimola b o/14 100m, 200m and verspring.
Februarie is ‘n besige maand vir die Hoërskool Ellisras (EHS) atlete. Met twee byeenkomste agter die rug, is hulle hard aan die oefen vir die Interhoër atletiekbyeenkoms aan die einde van die maand.
Van die EHS atlete het aan die Area-uitdunne deelgeneem wat skole van Lephalale, Palala Noord en Suid ingesluit het wat mik na Limpopo kleure. Ander atlete het na Mokopane vertrek om teen Hoërskool Piet Potgieter (HPP) kragte te meet. Daar was selfs van die atlete wat tussen die twee byeenkomste heen en weer gery het om aan albei deel te neem en hul te meet aan HPP (wat die wenners van verlede jaar se Interhoër byeenkoms was).
Atlete wat eerste plekke gewen op die area atletiek byeenkoms. Agter, van links, is Charl Louw s o/19 diskus 38.85m, Archi Dinale b o/19 driesrong en verspring 6.34m. Voor Charné Vosloo d o/15 100m 13.40m, Loutjie Steenekamp s o/17 400m 55.27s, Steyn van Staden s o/15 200m 25.61m, Steven Verwey s o/15 spiesgooi 40.34m, Brenda Coetzee d o/17 verspring 4.54m.
0 Comments