-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Michaela Byliefeldt van Hoërskool Piet Potgieter wat in die dorp bekend is vir haar “Dog” projek ten bate van die Percy Fyfe Dierebeskermingsvereniging (DBV) het Maandagoggend ’n indrukwekkende R2 000 aan die vereniging se bestuurder, Marcelle Maritz oorhandig.
Die fondse is deur leerders van Laerskool Krugerpark ingesamel deur middel van die projek se plakker verkope. Die skool het 200 plakkers verkoop teen R10 per plakker.
Byliefeldt en Maritz het hulle opregte dank uitgespreek teenoor die skool en die leerders wat tot die fondsinsameling bygedra het. Projek plakkers is beskikbaar by Laerskool Krugerpark en Comanche Spur in Mokopane en fondse word aangewend om die DBV se finansiële tekort aan te vul.
0 Comments