<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Goeie Interhoër vir Rassies

 
School : 06 Mar 2015 339 Viewed By Fransa de Beer 0

LEPHALALE – Die Bosveld Interhoër 2015 in Mokopane sal lank onthou word vir die puik organisasie van Hoërskool Piet Potgieter. Ellisras Hoërskool (EHS) was een van sewe skole wat deelgeneem het.
Die Rassies was besonder beïndruk met Ettienne Potgieter se weergawe van ‘You raise me up,’ die veld kommentator wat ’n interessante en lewendige uitsending gegee het en die groot skerm wat atletiek uit die boonste rakke asook geesdriftige sangers gebeeldsend het.
“Die Rassies wens amptelik vir Piet Pot geluk met al hulle prestasies,” sê EHS se Fransa de Beer. “Om die hele dag te wen, beide die atletiek en die sangbeker is voorwaar ’n prestasie.”
Die Rassie atlete het ook nie leë hande tuisgekom nie.
Archi Dinale s o/19 wen goud in 110m hekkies, driesprong en ‘n silwer vir verspring. Charné Vosloo d o/15 wen drie goue medaljes vir die 100m, 200m, aflos en ‘n silwer vir die 400m. Larissa Nel d o/16 wen goud vir 100m hekkies, 400m hekkies en ‘n silwer vir die 200m. Fanie Modimola s o/14 wen twee goue medaljes vir verspring, aflos en twee silwer vir 100m en 200m. Loutjie Steenekamp s o/16 wen goud in die 400m hekkies en silwer vir die 200m. Hy het ongelukkig geval in sy 110m hekkie item en was gefokus om die rekord te breek toe hy val! “Hy het egter soos ‘n man sy teleurstelling verwerk en met mening verder deelgeneem!” beaam De Beer. “Ons is baie trots op hierdie deursettingsvermoë.”
Nelia Grobler o/15 wen goud in diskus en silwer vir gewigstoot. Cliffie Els s o/17 wen goud in hoogspring en brons in spiesgooi. Anelia du Plessis d o/15 wen goud vir aflos en silwer vir 90m hekkies. Anina van Schalwyk d o/17 wen goud vir hoogspring.
Die volgende atlete het silwer medaljes gewen: Johan Pitout s o/19 vir hoogspring, Brenda Coetzee d o/17 verspring, Divan Gildenhuys s o/14 spiesgooi, Mariet Jordaan d o/19 400 hekkies, Bernice Moller d o/14 300m hekkies en brons vir 90m hekkies. Bettie Schoeman d o/14 silwer 400m hekkies en brons 200m. Rianza Gouws d o/14 gewigstoot silwer en die dogters onder 14 aflos wen ook silwer.
Brons medajes is gewen deur: Anthony Williams s o/14 gewigstoot. Steyn van Staden s o/15 wen twee brons medaljes vir 100 en 300m hekkies. Brons gaan ook aan John Mogohloane s o/19 400m, Kobus vd Berg s o/19 100m, Johan J van Niewenhuizen s o/14 spiesgooi, Gerrie Blom s o/15 hoogspring, Revel de Bruin o/14 verspring en goud vir aflos, AJ vd Walt s o/19 400m hekkies, Renata Thselana d o/15 300m hekkies en en goud vir aflos en Beleney Burger d o/15 diskus.
As mens na die ASA tabel kyk, is die Rassies se top atleet Nelia Grobler d o/15 diskus met ‘n wenafstand van 29.5m. By die seuns is dit Louwtjie Steenekamp s o/16 400 hekkies met wentyd van 0.57.00 wat 810 ASA werd is.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube