<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Bossie-atlete skitter by Limpopo's

 
School : 13 Mar 2015 112 Viewed 0

LEPHALALE - Sestien van Laerskool Bosveld Primary se atlete het verlede Vrydag met hoë verwagtinge by Peter Mokaba Stadion in Polokwane aangekom.
Met drie eerste plekke, drie tweede plekke en twee derde plekke kan hulle vandag breëbors rondloop as gevolg van hierdie besonderse prestasies. Hulle het beslis nie teleurgestel nie en elke atleet wat deelgeneem het, het die Bossies trots gemaak.
Links Mashabela (75 m Hekkiesvir s o/12) en Amogelang Kennedy (75 m hekkies d o/13) het gekwalifiseer vir die Nasionale Kampioenskappe met goeie tye toe hulle eerste oor die wenstreep is. Amogelang het ook die provinsiale rekord gebreek. Dit sal binnekort bevestig word of Links en Amogelang albei in die Limpopo-span opgeneem is wat later in Maart in Gauteng aan die Nasionale Kampioenskappe gaan deelneem.
Megan Nkwanyana het eerste gekom in die verspring vir d o/11, maar het ongelukkig nie gekwalifiseer vir die Nasionale Kampioenskappe nie. Megan kan egter nogtans daarmee spog dat sy die o/11 verspring kampioen van Limpopo is!
Erika Swanepoel, Laerskool Bosveld Primary se atletiek organiseerder, is baie in haar skik met die prestasies. Sy bedank alle afrigters, ouers, borge en ondersteuners wat ‘n bydrae gelewer het om atletiek by Bosveld so ‘n groot sukses te maak.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube