<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kleinspan kuier by tandarts

 

Dr. Louise Joubert leer die kleuters van My Hartjie My Liefie Kleuterskool in Mokopane dat mond higiëne baie belangrik is. Stephanie Yeates en Teresa van der Walt vergesel hulle.   

School : 10 Apr 2015 155 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE - ’n Besoek aan die tandarts en mond higiënis was Woensdagoggend vir die kleuters van My Hartjie My Liefie Kleuterskool in Mokopane leersaam en baie interessant.
Louise Joubert, ’n mond higiënis by dr Joubert se spreekkamer het die kleuters se monde om die beurt nagegaan en speel-speel aan die maats verduidelik dat mond higiëne baie belangrik is. Elke kleuter het ’n buisie tandepasta en ’n nuwe tandeborsel by die spreekkamer present gekry.
Teresa van der Walt van My Hartjie My Liefie Kleuterskool het die personeel by die spreekkamer hartlik bedank vir die tyd wat hulle aan die kinders afgestaan het en ook vir die oulike geskenkies.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube