<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Nuwe gelukbringer vir Bossies

 
School : 24 Apr 2015 188 Viewed By Press Release 0

LEPHALALE - Die Bossies het verlede week hulle nuwe gelukbringer (mascot) bekendgestel tydens ‘n geselligheid met hulle borge en rugbyspelers.
Volgens Charlie Brandt van Laerskool Bosveld het die nuwe truie, hempies en baadjies wat deur Matopi, Henwill Chickens and Contitech geborg is hulle geïnspireer om ook 'n gelukbringer vir die skool se rugbyspelers te kry. Bossie Renoster is gevolglik gebore en Brandt sê dat sy bestaan veeldoelig is: "Ons het op 'n renoster vir ons skool se simbool besluit, omdat dit vir ons ook 'n geleentheid bied om ons steun teenoor die anti-renosterstroping veldtog te betoon.”
Brandt het genoem dat die skool se o/9, o/10 en o/11 spanne goed vaar hierdie jaar en dat hulle die naweek weer in Polokwane kragte sal meet teen ‘n paar spanne,
alhoewel die liga eers in Mei sal plaasvind. Die nuwe uitrustings sal van nou af die amptelike drag van die rugbyspelers wees.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube