<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

EHS speel hul harte uit!

 
School : 30 Apr 2015 79 Viewed 0

LEPHALALE - Hoërskool Ellisras se rugby en netbal spanne het skoonskip gemaak in ‘n sportdag 23 April teen Hoërskool Warmbad op Warmbad.
Die eerstespan wen 22-10 en drieë word gedruk deur Jaydon Jacobs, Pieter du Plessis, Charl Louw en Johan Pitout. Wat veral positief is, is dat die span sonder sleutelspelers soos Michael Kotze, Ruan Louw, Roaan Janse van Rensburg en Albert Williams moes speel wat herstel van beserings.
Nietemin wys dit die eerstespan het diepte. Die Rassies se tweede span wen 47 - 0, o/16 Rassies wen 19-15 en glo dit, die o/15’s wen 72-0! Wat ‘n fees van drieë!  Die Rassies se o/14’s wen ook met 29-7.
Rassie-netbal is tops! Die o/15 span wen 6-3, o/16 wen 18-11 en die eerstespan wen so hitte-te met 18-17!   
Gedurende 27 April neem die Rassies in groot getalle deel aan die Bokkieweekproewe in Mookgophong. Handevol Rassies maak die spanne! o/14: Anthony Williams, Revel de Bruin, Divan Geldenhuys, MC Steenekamp en GP du Preez. o/16’s wat die span gemaak het is, Rynu Vosloo, Louwtjie Steenekamp (kranige hekkies atleet), en as reserwes JD Smit en Janus Reynecke. o/19 is Roaan Janse van Rensburg ‘n reserwe.  
 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube