<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Bosveld veg dapper by Super 8 Toernooi

 
School : 30 Apr 2015 69 Viewed By Press Release 0

~LEPHALALE - Laerskool Bosveld Primary se Rugbyspanne het behoorlik hul man gestaan by die afgelope naweek se Super 8 Toernooi wat deur Laerskool Pietersburg-Noord aangebied is.
Die kompetisie was taai en daar was geen plek om weg te kruip nie. Die Bossies se o/9, o/10-, o/11- en eerste spanne het met groot ywer deelgeneem en hulself teen die beste skole van Limpopo getoets.
Hoewel hulle onderskeidelik met twee gesamentlike vyfde plekke, ‘n vyfde plek en ‘n sesde plek tevrede moes wees, het elke seun hom uitstekend van sy taak gekwyt en die skool se naam hoog gehou.
Die Bossie afrigters kan tevrede voel met die ondervinding wat hul spanne opgedoen het teen sterk kompetisie en weet dat dit handig te pas kan kom in die komnende ligawedstryde volgende maand.
Laerskool Bosveld Primary wil graag sy dank uitspreek teenoor al die ouers wat so mooi saamgewerk het om hierdie toernooi te ondersteun en ook vir die feit dat hulle hul kinders beskikbaar gestel het om oor die langnaweek deel te neem aan die rugby toernooi.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube