<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rassie debateer

 
School : 15 May 2015 49 Viewed By Fransa de Beer 0

LEPHALALE - Drie junior Rassies het Saterdag in Witbank gaan deelneem aan die semi-finale rondte van die ATKV debat kompetisie by Hoërskool Generaal Hertzog. Die onderwerp was of Suid Afrika die vermoë het om die volgende Olimpiese Spele sukses aan te bied. Anelia du Plessis, Erik van der Walt en Chané Vosloo het so geveg vir Suid Afrika se vermoë dat ‘n beoordelaar van mening was dat hulle weet presies wie die volgende bod vir Suid Afrika gaan insit al is hulle so jonk!  Daar was 12 skole waarvan net drie deurgaan na die finaal wat later in Hartenbos plaasvind. Die Rassies is nie een van hulle nie, maar was na hulle poging baie seker dat hulle see toe kon gaan! Skole vanaf Richardsbaai tot by Lichtenburg in Noord Wes en Polokwane het deelgeneem.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube