<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Ellisras Hoërskool pak Nylstroom

 

 Michael Kotze speel ‘n barshou!

School : 01 Jun 2015 94 Viewed By Fransa de Beer 0

MODIMOLLE – Verlede Saterdag het die Rassies vertrek op ‘n koue, vroeë oggend na Modimolle vir ‘n baie geslaagde sportdag teen Nylstroom. Net die o/14 Rassies het verloor, maar die res wen oortuigend. 
Die o/15 Rassies wen 39-8, o/16 Rassies ransel die Nylies af vir 45-11. Die tweede span wen 10-5 en die eerste spanne speel gelykop na ‘n verwoede stryd 24-24.
Die Rassies se hokkie was minder geslaagd. Net die o/15’s kon daarin slaag om 3-1 te wen. Die Rassies se netbal het ook effe vasgeval. Die tweede span wen 15-9 en o/16 Rassies wen 21-18. Die o/15’s verloor net-net met 12-14, die tweedes met 11-17 en die eerstes 15-28.
Foto's en artikel: Fransa de Beer

 

 

 
 

Calvin Jupin en sy  trotse pa.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube