<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Trompoppies pronk by kompetisie

 
School : 01 Jun 2015 32 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE - Die Trompoppies van Laerskool Krugerpark het verlede Saterdag aan hulle tweede kompetisie, die “Day of Stars-kompetisie” op die skool se velde deelgeneem en hulle goed van hul taak gekwyt.
Hulle spog met drie eerste plekke, vier tweede plekke, een derde- en een vierdeplek.
Hulle uitslae is soos volg:
Die vlag groep behaal ’n vierde plek.
Die Throwing prop groep behaal ’n tweede plek en die Pom/non-prop groep ’n welverdiende tweede plek.
Die Small drill groep behaal ’n tweede plek. In hierdie afdeling het hulle hoofleidster ’n tweede plek behaal en die sub-leidsters het ’n eerste plek behaal. Die vlag groep het ’n derde plek behaal.
Die Large drill groep behaal ook ’n tweede plek. Hier het die hoofleidster ’n eerste plek behaal en die sub-leidsters, ’n tweede plek. Die vlag groep het ook ’n eerste plek behaal.
Martie Viljoen, die trompoppie afrigter bedank al die ouers wat hulle ondersteun en gehelp het met die kompetisie. Al die borge is ook vir hulle bydraes bedank. 
Die trompoppies se Provinsiale kompetisie vind plaas op 13 Junie op die ou Pieter Mokaba Stadion in Polokwane.

 

 

 
 

Dié spog baadjies is deur Roman en Gienia Fidydek van RJ Windows en Mike Rondel van HIA Rigging geborg. Die trompoppies bedank hulle hartlik hiervoor.  

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube