<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Plaaslike seuns is Blou Bulle se trots

 

RF Schoeman, Jan du Plessis en Estiaan Higgo is vir die Limpopo Blou Bulle span gekies.

School : 01 Jun 2015 205 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE – Die dorp bars met trots oor sewe leerders van Laerskool Ellisras wat vir die Limpopo Blou Bulle span gekies is.
RF Schoeman, Jan du Plessis en Estiaan Higgo is vir die o/12 span gekies. Ruan Basson, Pitso Ramatshela, Thinus van der Westhuizen en JP van Staden is vir die o/13 span gekies. Volgens Mariaan van der Westhuizen, Thinus se ma, gaan hulle vir die volgende paar naweke druk besig wees met rugby wedstryde. "Ons gaan hierdie naweek Pretoria toe, die naweek daarna is ons by Krugersdorp en in Julie moet ons Sasolburg toe gaan," het Mariaan gesê. Soos wat maar altyd die geval is is daar kostes verbonde aan die proewe. 
“Ons moet R5 320 per kind betaal wat gekwalifiseer het waarvan helfte teen Vrydag (vandag) betaal moet word," het Mariaan gesê. Die grootste gedeelte van die geld gaan aangewend word vir rugbytruie en ander toerusting wat die kinders moet hê.

 

 

 
 

Ruan Basson, Pitso Ramatshela, Thinus van der Westhuizen en JP van Staden.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube