<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

R140 000 se wyn by HPP wyn verhandel

 

Oud Springbok kaptein Wynand Claassen wat as gasspreker van HPP se Top Wyn Veiling opgetree het, teken die bottel Roodeberg wat vir R4200 verkoop is.

School : 04 Jun 2015 201 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE - Hoërskool Piet Potgieter (HPP) in samewerking met Paarl Gimnasium, se fondsinsameling inisiatief was vir die vierde agtereenvolgende jaar ‘n reuse sukses. Vanjaar se Top Wyn Veiling het meer as R140 000 verkoop.  
HPP se Pierneef Saal was verlede Vrydagaand vol gepak met weldoeners wat dié skool se Top Wyn Veiling ondersteun het. Hande het vir ure lank heen-en-weer in die lug geswaai om die 72 lotte wyn waaronder uitgesoekte en gesogte wyn teen hoër as mark verwante pryse te bekom. Die afslaer, Alan Sinclair moes behoorlik kophou.
Die veiling het gespog met oud-springbok kaptein Wynand Claassen wat as gasspreker vir die aand opgetree het. Claassen het destydse rugby oomblikke laat herleef en ook sy insette oor wyn gelewer.
Die gewildheid van Roodeberg is bewys in die R4200 wat vir ‘n bottel van 2012 betaal is. Dié bottel is geteken deur springbok kapteine, Jean de Villiers en Wynand Claassen. Die tweede hoogste prys wat vir die aand behaal is, is R3400 vir x12 bottels 10 jaar oue KWV. Die grootste bedrag is deur Riaan Ross betaal na ‘n bod van R12000 wat op hom toegeslaan is vir ‘n naweekpakket in die Boland vir twee persone. Die winste van die aand is tussen HPP en Paarl Gimnasium verdeel.

 

 

 
 

Riaan en Flynn Ross het vir R12000 met die louere weggestap. ‘n Naweek pakket in die Boland is verlede Vrydagaand aan hulle toegestaan by HPP se Top Wyn Veiling.

Jas Hansen (links) , HPP se skoolhoof oorhandig ’n geskenk aan Eddie Bateman van Paarl Gimnasium vir hulle betrokkenheid by die wynveiling.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube