<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Bossies se Blou Bulle!

 
School : 11 Jun 2015 254 Viewed By Press Release 0

KRUGERSDORP - Die twee rugby uitblinkers van Laerskool Bosveld Primary, Janco Lötter en Matlapu Modise, het Saterdag die o/13 Limpopo Blou Bulle verteenwoordig teen die Pumas.
‘n Yskoue Krugersdorp kon nie menigte toeskouers stuit om die pawiljoene vol te pak nie. Limpopo het reeds vroeg in die eerste helfte die voortou geneem met `n drie, en 'n daaropvolgende drie in die tweede helfte het die opponente se veggees gedemp. Eers in die doodsnikke van die wedstryd het die Pumas hulself touwys gemaak en 'n drie aangeteken. Toe die fluitjie vir die laaste keer bulder was die skrif teen die muur  - ‘n skitterende 12-5 oorwinning vir die Limpopo Bulle.
Die Bossies is ontsettend trots op Janco en Matlapu, wat menigte male `n opponent in sy spore gestuit het. Hierdie is beslis twee seuns om dop te hou!

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube