<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

EHS ouers skitter vir matrieks

 
School : 11 Jun 2015 393 Viewed By Fransa de Beer 0

LEPHALALE - Die Ellisras Hoërskool ouerkomitee, onder die wakende oog van voorsitter Marietjie van der Walt, het ‘n reuse poging aangewend om fondse in te samel vir ‘n onvergeetlike matriekafskeid vir hulle kinders. Verlede Saterdag was daar ‘n sjampanje ontbyt met inspirerende sprekers in die skoolsaal.
Bianca Bester was die seremoniemeester wat die dames inspireer het met aanhalings uit gedigte soos o.a “Ma” deur Antjie Krog. Gerda du Plessis (grimeer kunstenaar en velsorg spesialis) het die dames aangemoedig om nie net na hulself om te sien nie, maar ook na hulle mans se velle.
Chanè Valentine (sangeres) en Shan Fourie (kitaar) het die gaste vermaak met musiek. Vir die luisteryke aansien was daar Lenie Pieterse (Miss Grand SA Finalist).
Werner Wessels ('n styl en vookoms konsultant) het ‘n lewendige praatjie gelewer oor hoe om volgens jou liggaamsbou aan te trek. Die wenkleur van hierdie winter is “Marsala” (wynrooi) en nog gewilde kleure is die verskillende skakerings van grys. Hy is ook die afrigter van vele Mejj SA’s en ook Mej Heelal.

 

 

 
 

Rina van Schalkwyk (organiseerder), Lenie Pieterse (Miss Grand SA Finalist), Werner Wessels (Style and Image Consultant), Tarien Cronje (Kyna Concilli House of Design), Bianca Bester (MC), Gerda du Plessis (Makeup Artist and Skin Specialist) en Chanè Valentine (sangeres).

 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube