<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Trompoppies pronk met medaljes

 

 Hoofleidster Twané Human in aksie.

School : 18 Jun 2015 127 Viewed By Press Release 0

Laerskool Krugerpark se trompoppies het verlede Saterdag aan die Limpopo Cheerleading Association (LIMCA) se Provinsiale kompetisie deelgeneem en het spog medaljes ontvang. Die kompetisie is op Laerskool Krugerpark se rugbyveld gehou.
Die Trompoppies se uitslae is as volg:
Die vlaggroep en pom/nonprop groep spog met ’n bronsmedaljes en die throwing prop groep met ’n vierde plek.
In die large drill afdeling het die groep ’n algehele eerste plek verower na die vlaggroep se Goue medalje en die silwermedaljes vir beide die hoof en sub-leidsters.
Die totale uitslae van al drie kompetisies het aan dié afdeling ook ’n tweede plek besorg.
Krugerpark kwalifiseer om van 4-7 Julie aan die SA kampioenskappe in Bloemfontein te gaan deelneem.
Die trompoppie afrigter, Martie Viljoen het elke borg, ouer en die trompoppie dogters hartlik bedank vir hulle ondersteuning en harde werk.

 

 

 
 

Krugerpark se trompoppies bedank vir Shan signs in Germiston vir hulle borgskap. Na dese pronk dié pragtige magneet plakkate teen die bus en sleepwa wanneer die trompoppies vervoer word na ’n kompetisie.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube