<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Bosveld se o/9's maak trots

 
School : 18 Jun 2015 198 Viewed By Press Release 0

LEPHALALE - Laerskool Bosveld Primary se o/9-rugbyspan het amptelik tweede in die Waterberg Streek vir Groot Skole geëindig. Hulle is intussen hard besig om voor te berei vir die Limpopo-uitspeelwedstryde wat op Saterdag, 20 Junie by Hoërskool Warmbad plaasvind. Die spannetjie se voorbereiding verloop ook baie goed. Hulle het in ‘n oefenwedstryd vir Laerskool Eugéne N. Marais van Mookgophong met 30-0 geklop. Laerskool Bosveld Primary wens die spannetjie en sy afrigters, mnre. Johan van Heerden en Thys Taljaard, sterkte toe vir die uitspeelwedstryde. Op die foto is Mnr. Johan van Heerden en sy o/9-spannetjie.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube