<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Hoof sê dankie vir 30 jaar diens

 

Hoërskool Piet Potgieter se hoof Jas Hansen aan die sy van Johan Meissenheimer wat verlede Vrydag afgetree het.

School : 03 Jul 2015 1417 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE - Johan Meissenheimer, departementshoof vir natuurwetenskappe aan die Hoërskool Piet Potgieter (HPP) lê na 30 jaar by die skool die tuig neer en sê hy sien uit na sy aftrede.

Meissenheimer is verlede Vrydag tydens die skoolhoof, Jas Hansen se afskeidstoespraak in die skool se vierkant as ’n 'meester onderwyser' beskryf. "Hulde word gebring aan ’n onderwyser wat ’n passie het vir kinders en vir opvoeding in sy geheel," het Hansen gesê terwyl hy aan die skool vertel het watse diep spore Meissenheimer in die skool getrap het.

Sy onderwysloopbaan het reeds in 1978 afgeskop by die Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi en sewe jaar daarna word hy bevorder tot departementshoof by HPP. Meissenheimer was altesaam 37 jaar in die onderwys. Uit sy huwelik met Annatjie wat ook ’n onderwyser is, is hulle twee seuns, Johan en Johnny, gebore.

Dié beskeie onderwyser, wat op ’n tyd HPP se tweede rugbyspan afrigter was, sê een van sy hoogtepunte was toe sy span in 2005 vir die eerste keer in jare Hoërskool Hans Strijdom op hulle veld geklop het.

Meissenheimer sê hy sal vir altyd die herinneringe van leerders wat lewenswetenskap geniet het koester. Hy het verwys na kinders wat vandag studeer vir hul doktoraat in plantkunde. Hy was ook ’n eksaminator en moderator vir biologie in Limpopo.

Ondanks ’n staatmaker onnie, sê Hansen sal Meissenheimer onthou word deur ouer leerders vir sy betrokkenheid in die kommando's en kadette.

Watter gedagte hy wil hy graag vir leerders nalaat? "My wens is vir respek om terug te keer vir onderwysers in skole," sê die man wat lief is vir hengel en noem ook dat sy hart ’n punt trek na die witsand.

 

 

 
 

Jas Hansen salueer Johan Meissenheimer, departementshoof vir natuurwetenskappe aan die Hoërskool Piet Potgieter (HPP) lê na 30 jaar by die skool die tuig neer en sê hy sien uit na sy aftrede. ’n Staatmaker onnie, sê Hansen sal Meissenheimer onthou word deur ouer leerders vir sy betrokkenheid in die kommando's en kadette.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube