<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Bobaas spellers wys hulle is die beste!

 

Potgietersrus CVO Skool se Anke Weideman in Graad 5 het tydens die onlangse WOW Spelfees by Hoërskool Piet Potgieter vir haarself ‘n eerste plek losgeslaan.

School : 11 Aug 2015 78 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE - Die Provinsiale WOW-Spelfees is op 24 Julie by Hoërskool Piet Potgieter (HPP) gehou en vyf laer- en vier hoërskole het daaraan deelgeneem.
Laerskool Krugerpark se deelnemers het onder die eerste drie plekke geëindig. HPP se deelnemers het twee eerste plekke, een tweede plek en twee derde plekke in hulle onderskeie grade opgeraap. Dié leerders gaan op 17 Oktober op Nasionale vlak in Stellenbosch meeding.

 

 

 
 

HPP se leerders wat presteer het by die onlangse WOW Spelfees, van links, Madelein Leibrandt (Graad 9, eerste plek), Ijanke Steyn (Graad 8, derde plek), René Buitendag (Graad 8, eerste plek) en Bridgett Seopa (Graad 10, tweede plek). Afwesig, Kurt Kruger (Graad 10, derde plek).

Leerders van Laerskool Krugerpark wat by die WOW Spelfees die beste presteer het in hulle onderskeie grade. Voor: Nadine Oosthuizen (Graad 1). Tweede ry: Janneman Benson (Graad 2), Zia Boltman (Graad 3) en Fouche de Beer (Graad 4). Agter: Jurinda van Schalkwyk (Graad 5), Josh Joubert (Graad 7) en Pietie Vogel (Graad 6).

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube