-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE - Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se junior redenaars het tydens verlede week se interhoër redenaars tweede plek losgeslaan. Hulle is as die beste junior span vir die dag gekroon. Ijanke Steyn verwerf ’n tweede plek vir ‘junior voorbereid’ en vir ‘junior onvoorbereid’ ontvang Kinna Wessels ’n eerste plek en Anria Kruger ’n tweede plek. Wessels is ook erken as die beste junior Afrikaanse spreker. Hier is HPP se junior redenaars van links, Anria Kruger, Ijanke Steyn, Kinna Wessels, René Buitendag, Mmotegi Motiba en Mariam Cassim.
0 Comments