<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Bossies boogskietspan mik hoog

 
School : 20 Aug 2015 105 Viewed By Press Release 0

LEPHALALE – Verlede Saterdag het Laerskool Bosveld Primary se boogskietspan aan ‘n NASP Interskole kompetisie by Lephalale Primary gaan deelneem.  Die wind was onplesierig, maar die skuts het seker gemaak dat niks in hul pad staan nie en hul het weereens sukses behaal. Tydens die kompetisie is daar ook besluit dat Laerskool Bosveld Primary die NASP Provinsiale kampioenskappe in 2016 sal aanbied.  Hier is: Ilis-Marie Venter (links) en Dillen Buys (middel) het ‘n algehele eerste plek vir junior meisies en -seuns behaal, terwyl Derik van Niekerk(regs) ‘n derde plek vir junior seuns losgeskiet het.  -  Deur D. Odendaal

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube