<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Ekstatiese Beeld trofee wenners!

 
School : 28 Aug 2015 66 Viewed By Fransa de Beer 0

GROBLERSDAL - Die vreugdevure brand hoog by Ellisras Hoërskool (EHS) nadat die o/15 rugbyspan Hoërskool Piet Potgieter oortuigend gewen het met 20-10 in die Beeld Trofee finaal Saterdag.
Die ouers juig en die spelers voel dat die skeidsregter baie goed geblaas het - dit was ‘n wedstryd vir twee wen-honger spanne.
Louis Campbell, EHS skoolhoof, sê dit 'n besonderse prestasie om onder vier provinsies (Gauteng, Noord-Wes, Mpumalanga en Limpopo) as die beste medium skool uit die stryd te tree.
Nico Oosthuizen is as man van die wedstryd aangewys en het 'n tjek ontvang vir sy harde spel. Drieë is gedruk deur Nico Oosthuizen, MC Pitout (kaptein) en Gerrie Blom. Skopwerk is deur Steyn van Staden behartig.
Die afrigters, Eddie Elmes en Fanus Kruger met die hulp van Nils Meiring en Abie Elmes is besonders dankbaar vir almal se volgehoue ondersteuning, maar veral die ouers wat hulle kinders so gereeld en vir so baie maande oefening toe gebring het.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube