<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Uitmuntende musiektalent ontgin!

 

Die kleinspan van My Hartjie My Liefies Kleuterskool spog ook elkeen met ’n sertifikaat van deelname aan Hoërskool Piet Potgieter se Bosveld Musiekfees. Terésa van der Walt, skoolhoof van die kleuterskool saam met Paul Oosthuizen, Shenique Hulme, Dian Vogel, Liesca Ferreira, Bianca van der Merwe en Jayden Mostert

School : 28 Aug 2015 91 Viewed By Martie Le Grange 0

 MOKOPANE – Die Bosveld Musiekfees wat onlangs deur Hoërskool Piet Potgieter (HPP) aangebied is, het die musiek talente in die dorp blootgestel. HPP se Ildonné Strauss (Graad 9) het nege trofeë ingepalm!
Hoërskool Piet Potgieter se trofeë wenners in hulle onderskeie kategorieë is soos volg:
Vokaal: Ildonné Strauss en Monique de Sousa verower elkeen ’n A+ vir die Volkslied. In Graad 8 en 9 raap Ildonné ’n A++ op vir haar item gelewer (Afrikaanse lied, Engels of ander taal, eie keuse). Cara Sinclair verower ‘n A+ vir graad 10 – 12 (Afrikaanse lied, Engels of ander taal, eie keuse). Sinclair verower ook ‘n A++ vir haar kunslied item. Monique de Sousa en behaal ook ’n A++ vir dieselfde item. Cara Sinclair se voordrag program verdien vir haar nog ‘n A++. Vir Vokale duet maak Anyazé en Ildonné Strauss skoonskip en verower elk ’n A+++. Hoërskool Piet Potgieter se koor verdien vir hulleself ’n A++ in die vokale kategorie.
Instrumentaal: Jané Dippenaar as beginner (eerste jaar) slaan vir haarself ’n A+ los terwyl Ildonné Strauss vir haar tjello item vir die Entabeni Wsseltrofee (Barok Senior) ook ’n A+ verower. Strauss het ook ’n A++ met laasgenoemde instrument verower vir haar klassieke senior item. Ildonné Strauss beïndruk verder en behaal ’n A+ vir klavier en tjello. Dié item word deur Schalk Boltman Prokureurs geborg. In nog ’n instrumentaal presteer Ildonné Strauss en kry ’n skitterende A+++ vir die Debt Help Nationwide 20ste en 21ste eeu senior klavier en tjello item. Waldo Rossouw en Aldrich Rossouw raap elkeen ‘n A++ op vir hulle Owen Dodd Wisseltrofee (ensemble) fluit item in die senior afdeling. Nie-verbasend word nog ’n A++ by Ildonné Strauss se prestasies gevoeg na haar deelname aan twee vokale en twee instrumentale solo’s in die senior afdeling. Dié trofee word die Clivia Wisseltrofee genoem. Altesaam is Ildonné Strauss vir 10 items in die musiekfees vereer. Sy spog met die NHSV Wisselftrofee vir die hoogste persentasie behaal in ’n ander instrument (tjello). Haar jonger sussie Charmilé wat tuisonderrig ontvang het ook ‘n A+++ verwerf vir haar viool item.

 

 

 
 

Dié sussies het saam 20 trofeë in die HPP Bosveld Musiekfees verower. Hulle is Charmilé Strauss (tuisskool, Graad 7), Anyazé Strauss (tuisskool, 10 jaar) en Ildonné Strauss (HPP, Graad 9).

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube