<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Krieketspelers wys hulle slag

 

Die Bokkieweek wink vir Stiaan Genis en Erick Jooste.

School : 03 Sep 2015 153 Viewed By Press Release 0

MOKOPANE - Krieketspelers van Potgietersrus CVO Skool wat onlangs vir die Noord- Transvaal spanne gekies is, het die afgelope naweek aan die BCVO lands-wye krieket toernooi in Middelburg deelgeneem en hulle slag gewys.
Krieketspelers het soos volg presteer:
By die mini krieket is Luan Geyer aangewys as die veldwerker van die toernooi. Evan Pretorius is aangewys as die bouler van dié toernooi.
Marcel Pretorius en Louis Trichardt is gekies vir die krieket ontwikkelingspan en Hanru Schoeman (o/19) is aangewys as die bouler van die toernooi. Hy is ook gekies om vanjaar se Bokkieweek span te verteenwoordig. Lean Lensley, Wilhelm Pistorius en Stiaan Genis is ook vir die Bokkieweek span gekies terwyl Erick Jooste op die kortlys geplaas is vir dié span.

 

 

 
 

Marcel Pretorius en Louis Trichardt is tydens die onlangse BCVO krieket toernooi gekies vir die krieket ontwikkelingspan.  Skoolhoof, Jan Harmse staan by hulle.

Luan Geyer is die veldwerker van die mini krieket toernooi. Afwesig: Evan Pretorius.

Hanru Schoeman en Wilhelm Pistorius is ook gekies om die Bokkieweek span te verteenwoordig. Die skoolhoof, Jan Harmse, vergesel hulle. Afwesig: Lean Lensley.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube