<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Krieketspelers presteer uitstekend

 
School : 10 Sep 2015 30 Viewed By Fransa de Beer 0

LEPHALALE - Hoërskool Ellisras se eerste krieketspan het verlede Donderdag korte mette gemaak met die eerstes van Hoërskool Hans Strijdom.
Die Hansies kon net 97 lopies aanteken teenoor die 179 van die Rassies in die toegelate boulbeurte. Cliffie Els het vier paaltjies laat kantel en JD Lubbe drie. Die Rassies se beste kolwers was Dian Pitout met 56 lopies en Johan Pitout 53. Saterdag se krieket teen Warmbad het uitgereën, maar wie gee om as die veld van lentereëns in nuwe groenigheid uitbreek!
Hier is die eerste span met hulle afrigters Mnr Johan Botha en Dandrè Grobler.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube