<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

EHS Beesloop

 
School : 10 Sep 2015 126 Viewed By Fransa de Beer 0

LEPHALALE - Groot opgewondenheid geheers op die rugbyvelde van Hoërskool Ellisras Vrydag toe die Rassies ‘n fondsinsamelingsveldtog geloods het.
Kaartjies is verkoop vir wat gedoop is die “Beesloop”. Eerstens kon die leerder wat die meeste kaartjies verkoop het ‘n pragtige vetwielfiets wen ter waarde van oor die R5 000. Tweedens het die rekenaar die rugbyveld in blokke ingedeel. Kobus Erasmus het sy pragtige Simmentalerbul gebring wat in die blokke moes kom mis. Daar waar die bul gemis het, se kaartjie nommer het ‘n verwerkte slagbees gewen!
Die gelukkige wenner van die fiets was Peter Ngobeni in Graad 8 (die fiets is bykans net so groot soos hy!) wat 52 kaartjies verkoop het en die wenner van die vleis was Dewald v Zyl.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube