<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Krugies woeker

 

Regs: Leerders van Laerskool Krugerpark wat op kultuur gebied vereer is tydens ’n onlangse prysuitdelingsfunksie. Hulle is voor van links: Bea Smit (beste junior redenaars presteerder) en Amone Swart (kultuur dogter) Agter: Aldrich Rossouw (kultuur seun) en Jurinda van Schalkwyk (beste senior dogter prestasie). Afwesig: Feliciano Dias.

School : 23 Sep 2015 112 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE - Kultuur leerders en swemmers van Laerskool Krugerpark is verlede week tydens twee verskillende prysuitdelingsfunksies vereer vir hulle onderskeie prestasies.
Swemmers wat vereer is vir die onlangse vise-gala is soos volg:
Carmi Schoeman is die junior dogter wenner en Mighael Alberts is die junior seun wenner. Die senior dogter wenner is Bernice Laboff en die senior seun wenner is Franco Botha.
Leerders wat vereer is vir kultuur is soos volg:
Bea Smit ontvang ’n trofee vir beste prestasie in junior redenaars.
Feliciano Dias ontvang erkenning vir die beste prestasie in junior seuns redenaars en Jurinda van Schalkwyk ontvang erkenning vir die beste prestasie in senior dogters redenaars.
Aldrich Rossouw is tydens die kultuur prysuitdeling as die kultuur seun en Amone Swart as die kultuur dogter aangewys. Hulle stap weg met wisseltrofeë, erekleure en balkies.

 

 

 
 

Swemmers van Laerskool Krugerpark wat tydens ’n prysuitdelingsfunksie vir die onlangse vise-gala vereer is. Hulle is van links Carmi Schoeman as die junior dogter wenner, Franco Botha as die senior seun wenner en Migheal Alberts as die junior seun wenner.
Afwesig: Bernice Laboff.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube