<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rassies swem dat dit spat

 
School : 05 Oct 2015 99 Viewed By Fransa de Beer 0

BELA BELA - Hoërskool Ellisras het 'n barshou geswem by die Interhoër swemgala verlede Dinsdag. Die Rassies het 29 medaljes ingeoes en uitstekende individuele prestasies behaal.
Dario Geyser (o/16) het soos ‘n kampioen geswem en in twee items die junior olimpiese tye net net gemis. Hy wen 50m vryslag met ‘n tyd van 24.89s. In vlinderslag breek hy die rekord met ‘n tyd van 26.59s. Dario is ook vroeër die jaar ook gekies om aan die junior SA swem kamp later deel te neem. Hy wen ook ‘n silwer medalje vir seuns o/19 200 individuele medley hoewel hy maar net o/16 is.
Nathalie Perrier (o/14)wen ook goue medaljes in 50m vryslag met ‘n tyd van 32.66s en 50m rugslag 37.71s en een brons medalje. GP du Preez wen twee goud, een silwer en twee brons. Die goue medaljes is vir die twee aflosse s o/14 200m vryslag  2:08.50 en 200m medley 2:25.87. Die lede van hierdie span is Hendri Reynecke, Stefan Scholz, GP du Preez en NIel Steenkamp.
Individueel vaar die ander Rassies net so goed: Niel Steenkamp  twee goud, Hendri Reynecke twee goud, Stefan Scholz twee goud en een silwer, Hannes Pretorius twee silwer en een brons, Janus Reynecke een brons. Adam Herbst een brons. Vanessa Troskie een silwer en twee brons, Anelia du Plessis een brons, Cherantè Snyman een brons en Senè Geldenhuys een brons.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube