<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

EHS leerder sê dankie vir Ierland ervaring

 
School : 23 Oct 2015 118 Viewed 0

LEPHALALE - Johan Pitout van Hoërskool Ellisras was bevoorreg om in die vakansie saam met die Mauritz Hansen rugbyspan na Ierland te toer.  Pitout moes sy matriekafskeid opoffer om te kon gaan, maar hy sê dat die ervaring 'n nuwe wêreld vir hom oopgemaak het. Die skoon land, indrukwekkende rugbystadions en kastele was vir hierdie leerling 'n ongelooflike ervaring.
Pitout en sy spanmaats het in ‘n hotel in Dublin gewoon vanwaar hulle gereis het om drie rugbywedstryde teen o/19 klubs te speel. Van die drie wedstryde waaraan hulle deelgeneem het het hulle twee gewen.  Die Pitouts bedank almal wat bygedra het om Johan se droom waar te maak!

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube