<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

2855 toekennings vir Rassies!

 
School : 29 Oct 2015 193 Viewed By Fransa de Beer 0

LEPHALALE -Hoërskool Ellisras het verlede week ‘n allemintige 2855 toekennings uitgedeel om hul leerders te beloon vir harde werk en deursettingsvermoë reg deur die jaar.
Alize Hoepfner is die skool se Dux matriek leerder, Rassie van die jaar en kry ook 29 toekennings vir beste akademiese presteerder in Graad 12 en sportveld noodhelper van die jaar saam met Estefan Pieterse. Estefan het boonop die Handhaaf trofeë en Kultuur persoonlikheid toekennings  toekennings gekry terwyl hy ook vereer is vir 12 jaar getroue skoolbywoning saam met Veronica Greyvenstein.
Dit is geen verras-sing dat Johan Pitout die sportman van die jaar is nie. Hy presteer in atletiek, krieket en rugby.
Akademiese beste presteerders vir Graad 8 is Joeye Vorster met 19 toekennings, Graad 9 Anri Spammer met 14 toekennings, Graad 10 Cherantè Snyman met 27 toekennings, graad 11 Barbara Emslie met 29 toekennings.  
Leerders wat toekennings vir redenaars ontvang het is Barbara Emslie, Talya Kaiser, Tanya van Zyl, Lerato Ditsela, Lané Kaiser, Mokgotu Gopolong, Nathalie Perrier, Kayla Strydom, Erik van der Walt, Anelia du Plessis en Charné Vosloo.
Beste swemmers is junior Nathalie Perrier, junior seun GP du Preez, seniors Senè Geldenhuys en Dario Geyser.
Krieket prestasies is Conrad Prinsloo veelsydigste 0/15 speler, Juan de Beer beste junior bouler, MC Pitout is beste junior kolwer, Clifford Els is die beste senior bouler en beste veldwerker en Johan Pitout is die beste senior krieketspeler. Hy verower ook beste senior kolwer en kry ‘n trofee as kaptein van die eerste krieketspan.
Jessica Tsetsewa is die beste netbal speler terwyl die beste seun boogskut FA Kemp is. Ammaarah Pandie is beste meisieskut. Beste gholfspeler van die jaar is Gerhard Pepler.
Ansonè Stanz kry 'n trofee vir beste dogterstennisspeler en Philip van Wyk is die beste seuns tennisspeler.
Nico janse van Rensburg is die beste senior Landsdiener van die jaar terwyl Dimakatso Thulare  die junior landsdiener van die jaar is.
2016 se hoofleiers is Barbara Emslie en Albert Williams. Komitee voorsitters is Anke Erasmus (Dissipline), Michael Kotze (Sport), Christo Bothma (Akademie), Willem Dickenson (Sosiaal) en Abbigail Badenhorst (Kultuur).

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube