<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Held word by skool verras

 
School : 29 Oct 2015 1627 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Kobus Grobler (10) is Dinsdagoggend in sy klas by die skool aangenaam verras deur die span van Noordelike Nuus wat namens die Complimentary Breakfast van Jacaranda FM, ’n Superkid-sertifikaat en geskenkpakkie van Disney aan hom oorhandig het. Die radiostasie Jakaranda FM, het gehoor van Kobus wat sy beenmurg aan sy 12-jarige boetie, Hekkie - wat aan bloedkanker ly, geskenk het. Noordelike Nuus het ook op 16 Oktober hieroor berig (“Dankie, boetie, vir my beenmurg”) en het vroeër dié week ingestem om die stasie te help om Kobus te verras. Die Graad 4 klas se juffrou, Heidi Bronn, het die radiostasie van Kobus se dapperheid ingelig en ‘n uitsending is Woensdagoggend op die stasie gehou. Kobus en sy ma Es-Marie het Hekkie se storie aan die luisteraars vertel op die Superkids program. “Hekkie vorder en sy wit bloed telling lyk goed,” sê Esmarie. Kobus het ook opgewonde gesê hy hoor sy beenmurg is besig om in sy boetie te groei.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube