<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Krugies swemmers is wenners!

 
School : 12 Nov 2015 183 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE- Laerskool Krugerpark het vir die tweede agtereenvolgende jaar die Top 10 Skole swem gewen, gevolg deur Laerskool Tzaneen en Warmbad. Die dogters-span is as die beste dogters-span aangewys terwyl die seuns-span in die derde plek geëindig het. Krugerpark was een van 8 skole wat 6 November aan die Top 10 byeenkoms by Unicorn Preparatory School in Tzaneen deelgeneem het.  Die ander deelnemende skole was:  Laerskool Tzaneen, Phalaborwa, Warmbad, Pietersburg-Oos, Ellisras, Unicorn en Julian Muller. Regs: Hier is Laerskool Krugerpark se twee swem kapteins Erna Kruger en Franco Botha met die top-tien swem trofee.  Bo is afrigter Awie Hattingh by die swemmers na die Top 10 oorwinning.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube