<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Sedibeng spog met hul vlytige leerders

 
School : 27 Nov 2015 235 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE – Sedibeng gekombineerde skool het vroeër die maand hul beste akademiese presteerders vereer tydens ‘n loerier funksie.
Ruan Jonker kry ‘n trofee vir die beste vordering in die grondslagfase, Neo Langa is die beste presteerder in hierdie fase. JP Lombard kry ‘n trofee vir die beste prestasie in die intermediêre fase, Ruben Lewies toon beste vordering in die intermediêre fase en Izak Thirion is die mees toegewyde leerder in die fase. Isa de Lange is die beste presteerder en mees toegewyde leerder in die senior fase, Carla Tolley kry ‘n troffee vir die beste vordering in graad agt en Nasu Gubuza en Vanessa van Niekerk deel ‘n trofee vir die beste vordering in graad sewe.
Die beste presteerder in die Engelse groep vir graad ses is Sehlare Itumeleng, vir graad sewe is dit Kgomotso Sehlake, graad vyf is Josias Mosima, graad vier is Setsepu Kgomotso en graad drie is Amos Milanzi.
Die beste presteerders in die dowe seksie was Phineus Maropi, Kgaugelo Shika, Zanele Dibetso, Nancy Molamody, Shawn Marekga, Jimmy Manoko en Chlochi Masokameng.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube