<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Afskeid is nie maklik, sê HPP hoof

 

Jas Hansen loop deur ‘n erewag wat deur leerders en onderwysers gevorm is kort na sy afskeidsboodskap aan die skool.

School : 27 Nov 2015 387 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Leerders en leerkragte van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) het verlede Dinsdag na hulle sneesdoekies gegryp toe hulle hoof, Jas Hansen wat vandag (Vrydag) aftree, hulle na 38 jaar in diens van die skool met ‘n aangrypende boodskap groet.
Hansen was altesaam 41 jaar in die onderwys waarvan slegs drie jaar daarvan nie by HPP nie.
Hansen het Dinsdag gesorg vir emosionele oomblikke terwyl die skool vir oulaas aandagtig vir hom geluister het.
Hy het sy loopbaan by HPP beskryf het as een groot fees en gesê hy ag homself as skatryk aan goeie herinneringe wat hy verewig sal koester. Hy het 2015 uitgelig as ‘n hoogtepunt en verwys na die groentjie konsert wat aan die begin van die jaar aan hom opgedra is. “Die interhoër was sonder twyfel ‘n datum op die kalender wat ek nooit sal vergeet nie,” het hy gesê. Hy het ook die skool se sport opgehef en na die rugby verwys as ‘n riem onder die hart.
Sy boodskap aan leerders in ‘n neutedop was “gryp die dag” en leef voluit. “Moenie tevrede wees met ‘n gemiddelde leefstyl nie. Styg uit en streef na uitnemendheid,” het hy gesê.
Die skool het na hulle hoof se afskeidsboodskap en oorhandiging van ‘n sleutel aan sy opvolger Cas Badenhorst, ‘n erewag gevorm en vir Hansen die klok by die skool se hoofingang laat lui as simbool van sy laaste dag. “Om afskeid te neem is geen grap,” het hy gesê terwyl hy die klok lui en die trane in sy oë skiet.

 

 

 
 

HPP se geliefde hoof met sy kleindogter op sy heup groet vir oulaas deur die klok by die skool se hoofingang te lui.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube