<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

HPP dra wéér die kroon

 
School : 01 Feb 2016 172 Viewed 0

MOKOPANE – Die atletiek seisoen lyk oudergewoonte vir Hoërskool Piet Potgieter (HPP) belowend. Die atletiekbeker van die skole atletiek behoort weer aan die blou masjien wat vanjaar tydens die interskole atletiek ’n spantotaal van 779 punte behaal het.
HPP het teen Hoërskool Frikkie Meyer, Ellisras Hoërskool en Hoërskool Hans Strijdom gekompeteer en Frikkie Meyer wat 704 punte behaal het met 75 punte geklop. Ellisras Hoërskool is derde met 541 punte en Hoërskool Hans Strijdom se atlete behaal vir hulle skool 346 punte.
HPP se Top 10 atlete is soos volg:
CG Kruger het die 100m hekkies vir seuns o/16 in 14.63 sek gewen. Marnus Uys was kort op CG se hakke met 10.65 sek in die hekkies vir seuns o/19. Johnty Darvall behaal ’n eerste plek in die 110m hekkies vir seuns o/17. ’n Uitstekende wen vir William Mohlaloga in die 100m hekkies (s o/15). Langasem Sello Nyawene teken 04:18.22 sek aan in die 1500m vir seuns o/19. Peter Tau het 04:18.44 sek aangeteken in die laasgenoemde item. Pontso Ngobeni se tyd in die 300m vir seuns o/19 was 09:48.79 sek. Gaby Nel spring 1.45m oor die dwarslat in die hoogspring vir meisies o/19. Negende onder die top-tien is Vanessa Engelbrecht met  1.30m in hoogspring vir meisies o/19. Lachelle de Beer is die tiende top atleet. Sy het die 300m hekkies vir meisies o/14 voltooi in ’n tyd van 51.87 sek.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube