<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

HPP spog met top atlete

 
School : 09 Feb 2016 109 Viewed By Press Release 0

MOKOPANE - Hoërskool Piet Potgieter (HPP) het sy Top 10 atlete wat op 30 Januarie kragte teen Hoërskool Frikkie Meyer gemeet het bekendgestel.
Die Top 10 atlete sluit in Pontsho Ngobeni. Hy het die 3000m vir seuns o/19 in 8:26.4sek gewen. Wilma Nel beïndruk haar toeskouers in die gewigstoot vir meisies o/14 met ’n afstand van 11.94m. Sello Nyawene is die derde top atleet. Hy het die 3000m vir seuns o/19 gewen. Luzaan Taljaard raak die gewigstoot vir meisies o/16 baas met ’n afstand van 12.43m. Mirieck Griessel is vyfde onder die top-tien atlete. Sy het ’n indrukwekkende afstand van 10.69m behaal in gewigstoot vir meisies o/19. William Mohlaloga was soos blits met sy deelname aan die 200m vir seuns o/15. Sy tyd is 22.5sek. Lachelle de Beer se tyd in die 300m hekkies vir meisies o/14 is 50.0 sek en besorg aan haar ’n sewende plek onder die top-tien atlete. Marnus Uys het die 200m vir seuns o/19 gewen met ’n tyd van 22.0sek. Antonette Brits se gewigstoot afstand vir meisies o/14 is 8.68m. Marinel Janse van Rensburg is die tiende atleet onder die top-tien. Sy het die gewigstoot vir meisies o/14 gewen met ’n afstand van 8.65m.
Die senior baanatleet is Pontsho Ngobeni. Die junior veldatleet is Wilma Nel en die junior baanatleet is Lachelle de Beer.
Die senior veldatleet is Luzaan Taljaard en die senior baanatleet is Jana-Lené van Eck.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube