<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Die blou masjien seëvier weer

 
School : 12 Feb 2016 105 Viewed By NoordNuus reporter 0

MOKOPANE – Hoërskool Piet Potgieter (HPP) het by verlede Vrydag se atletiekbyeenkoms teen Hoërskole Ellisras, Nylstroom en Louis Trichardt weer gewys dat die blou masjien goed ge-olie is. HPP het geseëvier nadat hulle atlete ’n totaal van 781 punte aangeteken het.
Ellisras staan tweede op die podium met 581 punte. Hoërskool Nylstroom is derde en Hoërskool Louis Trichardt vierde.
HPP se top-tien atlete is soos volg:
Wilma Nel is eerste op die top-tien-lys. Sy het in die gewigstoot vir meisies o/14, ’n afstand van 11.93m behaal. Luzaan Taljaard is die naasbeste top-tien atleet. Sy het in die gewigstoot vir meisies o/16 ’n afstand van 11.87m behaal. Mirieck Griessel se gewigstoot vir meisies o/19 besorg aan haar ’n derde plek in die top-tien met 10.70m. CG Kruger wen die 110m hekkies vir seuns o/16 in 15.00sek en Pontsho Ngobeni stel ’n nuwe rekord op in die 3000m vir seuns o/19 in ’n tyd van 09:15.10sek. Lachelle de Beer sorg ook vir ’n nuwe rekord tydens haar deelname aan die 300m hekkies vir meisies o/14. Haar tyd in dié item is 49.60sek. Gabriella Coleman is 7de onder die top-tien atlete na haar deelname aan gewigstoot vir meisies o/19. Haar afstand hiér is 09.37m. Johnty Darvall se deelname aan die 110m hekkies vir seuns o/17 besorg aan hom ’n agtste plek onder die top-tien atlete met ’n tyd van 15.10sek. Soné Kapp wen die gewigstoot vir meisies o/14 met ’n afstand van 09.18m en langvasem Sello Nyawene voltooi die 3000m vir seuns o/19 in 09:23.
Peter Tau het ook ’n nuwe rekord opgestel toe hy die 800m vir seuns o/19 in 1:55.90sek kafgedraf het. Die vorige rekord van 1997 was 1:56.40sek.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube