<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

EHS se top-atlete beur vorentoe

 
School : 12 Feb 2016 142 Viewed By Fransa de Beer 0

MOKOPANE – Hoërskool Ellisras het deelgeneem aan ‘n vriendskaplike atletiek byeen-koms 5 Februarie teen Hoërskool Nylstroom, Hoërskool Louis Trichardt en Hoërskool Piet Potgieter.
Atlete wat so gelukkig was om eerste plekke te verower was Neil Steenkamp seuns o/15 hoogspring, Johan Janse van Niewenhuisen seuns o/15 spiesgooi en gewigstoot, Revel Du Bruin seuns o/15 wen die 200m naelloop, Steyn van Staden seuns o/16 wen 400m hekkies, Wiham du Plessis spiesgooi, Janco Lotter seuns o/14 spiesgooi, Michael Kotze seuns o/19 gewigstoot, Charne Vosloo dogters o/16 200m naelloop, Brenda Coet-zee dogters o/19 verspring, John Mogohloana seuns o/19 400m hekkies, Rianza Gouws dogters o/15 gewigstoot, Lizaan Versveld dogters o/15 spiesgooi, Conrad Prinsloo seuns o/15 diskus en Gerhard Roets seuns o/14 diskus. GerrieBlom seuns o/16 wen sowaar drie eerste plekke vir 100m, 200m en  400m naelloop. Loutjie Steenekamp wen ook drie eerste plekke vir 100m naelloop, 110m hekkies en 400m hekkies. Larissa Nel dogters o/17 skitter ook met drie eerste plekke vir 100m naelloop, 100m hekkies en 200m naelloop.
Nelia Grobler dogters o/16 wen twee eerste plekke vir diskus en gewigstoot. Clifford Els seuns o/19 wen ook twee eerste plekke vir hoogspring en spiesgooi. Bernice Moller dogters o/15 wen ook twee eerste plekke vir 300m naelloop en 90m hekkies.
Die distrik atletiekbyeenkoms het Dinsdag 9 Februarie plaasgevind en daarna volg die Limpopo proewe.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube