<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rassies skitter op atletiekbaan

 
School : 25 Feb 2016 116 Viewed By Fransa de Beer 0

PRETORIA - Hoërskool Ellisras het op 17 Februarie deelgeneem aan die AGN Prestige College Top 10 atletiekbyeenkoms by Pilditch stadion in Pretoria.
Skole van regoor die land kon elk vyf top seuns- en dogters atlete inskryf waaraan 94 skole deelgeneem het. Elke atleet is beperk tot twee items.
Loutjie Steenekamp seuns o/17 het drie van die 400m hekkies uitdunne gewen en gedurende die finaal ‘n tweede plek los gehardloop. Hy is uitgenooi om deel te wees van 'n atletiekspan wat na Amerika toe toer van 24 April tot 1 Mei 2016. Loutjie is ontsettend opgewonde en sê dit voel of hy droom. 
Indien daar iemand is wat geroepe voel om 'n finansiële bydrae te maak vir Loutjie se Amerika toer is die bankbesonderhede: ABSA Ellisras; Takkode: 632005; Spaarrekening-nommer: 93-1648-4082
Hoërskool Ellisras is besonder trots op Loutjie maar ook op al die ander atlete wat deurgans hard geoefen. Die uitslae van items op Pilditch is: Loutjie Steenekamp seuns o/17 2de 400m hekkies en 4de 110m hekkies, John Mogohloana seuns o/19  4de 400m hekkies en 400m 7de, Larissa Nel dogters o/17  5de 100m hekkies en 100m 9de, Nelia Grobler dogters o/16 7de, dogters o/16 diskus en 17de gewigstoot, Charnè Vosloo dogters o/16  8ste 200m en 10de 100m, Johan Janse van Niewenhuisen seuns o/15 9de spiesgooi en 10de gewigstoot, Revel de Bruin seuns o/15 16de 200m en verspring 15de,
Steyn van Staden 800m 16de en 17de 110m hekkies, Bernice Moller dogters o/15 14de 300m hekkies en 17de 90m hekkies.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube