<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Hardekool trots op hul kampioene

 
School : 25 Feb 2016 134 Viewed By Press Release 0

MOKOPANE - Die afgelope naweek het 16 van Hardekool Akademie se leerders gaan deelneem aan die Noord-Transvaal atletiekbyeenkoms in Mokopane. 
Die Hardies het hul skool se naam hoog gehou en kwalifiseer om aan die Suid Afrikaanse kampioenskappe te gaan deelneem wat op 19 en 20 Maart 2016 in Sasolburg plaasvind. 
Saterdag se goue medalje wenners was Michiel Venter, Neldri Ellis en WJ Ellis, Erisa du Toit, Helgard Muller en Michaela Venter. Silwer medaljes word verower deur Vicky-Lee Maartens, SH van Zyl en WJ Ellis, Sanél van Zyl, Helgad Muller en Michaela Venter. Brons medalje wenners is Vicky-Lee Maartens, Dewald Bronkhorst, Sanél van Zyl en Thea-Mari Nel.
Michiel Venter was die Victor Ludorum vir beste Laerskool seun asook beste baanatleet en stel ‘n nuwe turbospies record op met ‘n afstand van 16,06m. Michaela Venter was die Victrix Ludorum vir Laerskool dogters asook die beste veld atleet.

 

 

 
 

Regs is die brons medalje wenners. Voor is Vicky-lee Maartens en Dewald Bronkhorst en agter is  Sanél van Zyl en Thea-Mari Nel.

Silwer medalje wenners is, voor: Vicky-lee Maartens, middel: SH van Zyl en WJ Ellis; en agter: Sanél van Zyl, Helgard Muller en Michaela Venter.

Gouemedalje wenners: Voor: Michiel Venter; middel: Neldri Ellis en WJ Ellis; en agter is Erisa du Toit, Helgard Muller en Michaela Venter.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube