<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

HPP slyp weer hul tande vir die Interhoër beker

 
School : 25 Feb 2016 167 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Saterdag se 52ste Bosveld Interhoër wat deur Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong gehou word is die hoof fokus op 2015 wenners, Hoërskool Piet Potgieter (HPP), se kalender vandeesweek.
HPP se top-tien atlete wat hulle staal gaan wys in hulle onderskeie baan en veld items by die Interhoër byeenkoms is soos volg:
Marnus Uys, ‘n ou gunsteling op die atletiekbaan is HPP se top atleet. Hy moet dopgehou word in die 100m en 200m vir seuns o/19 asook verspring vir seuns in dieselfde ouderdomsgroep. Peter Tau is tweede op die top tien-tien lys vir sy deelname aan die 400m, 800m en 1500m vir seuns o/19. Langasem Pontsho Ngobeni presteer uitstekend in die 800m, 1500m en 3000m vir seuns o/19. William Mohlaloga nael soos blits oor die 100m hekkies en 300m hekkies vir seuns o/15 en Luzaan Taljaard laat die wenkbroue lig met gewigstoot en skyfwerp vir meisies o/16.                 
Wilma Nel is sesde op die top-tien lys vir haar merkwaardige prestasie in gewigstoot en skyfwerp vir meisies o/14. Mirieck Griessel beïndruk atletiek geesdriftiges wanneer sy deelneem aan gewigstoot en skyfwerp vir meisies o/19. Sello Nyawene is agtste onder die top-tien atlete en presteer in die 800m, 1500m en 3000m vir seuns o/19. Monique de Sousa word ook deur talle aanhangers bewonder vir haar deelname aan die 100m, 200m en 100m hekkies vir meisies o/19. Lachelle de Beer se vernuf in die 90m hekkies en 300m hekkies vir meisies o/14 besorg aan haar ‘n  tiende plek onder die top-tien atlete.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube