-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE - Toeskouers kan gerus Hoërskool Ellisras se uitblinker atlete dophou gedurende die Interhoër by Mookgophong hierdie naweek.
Loutjie Steenekamp seuns o/17 is op sy beste in 110m, 400m en 200m hekkies. In ‘n vriendskaplike byeenkoms teen Hoërskool Frikkie Meyer, Hoërskool Piet Potgieter en Hoërskool Hans Strijdom het hy vyf eerste plekke los gehardloop. John Mogohloana seuns o/19 se 110m hekkies, 400m naelloop en 400m hekkies beloof om opwindend te wees. Die man is baie korter as sy eweknieë, maar hardloop soos blits!
Eerste plekke word ook verwag vir Steyn van Staden seuns o/16 110m hekkies, Nico Snyman seuns o/15 400m, Wiham du Plessis seuns o/17 spiesgooi, Johan Janse van Niewenhuizen seuns o/15 diskus en Ashley Nengobela seuns o/14 verspring.
Larissa Nel maak korte mette met 400m-, 200m- en 100m hekkies en 100m naelloop. Charnè Vosloo se spesialiteit is 100m en 200m naelloop en Anina van Schalkwyk dogters o/19 hoogspring. Bernice Moller dogters o/15 oefen om die 90m hekkies, 300m hekkies en 100m naelloop te wen terwyl Bettie Schoeman dogters o/15 presteer in 100m naelloop. Nelia Grobler dogters o/16 beplan om met goud weg te stap vir diskus gooi.
0 Comments