<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Atlete skitter by Limpopo's

 
School : 10 Mar 2016 97 Viewed 0

POLOKWANE - Hoërskool Ellisras se steratlete het 3 Maart deelgeneem aan die Limpopo kampioenskap by die Peter Mokaba Stadion.
Vier atlete het vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gekwalifiseer wat op 18 en 19 Maart in Bloemfontein sal plaasvind. Nelia Grobler vir diskus d o/17 alhoewel sy eintlik o/16 is, Revel de Bruin s o/15 vir 200m naelloop, Larissa Nel d o/17 100m hekkies en Conrad Prinsloo s o/15 diskus.
Nog atlete wat eerste plekke behaal het op die kampioenskappe is Jason Venter seuns o/19 hoogspring en John Mogohloana seuns o/19 400m naelloop. Atlete wat tweede plekke behaal het is Bernice Moller dogters  o/15 100m naelloop en Larissa Nel in 100m hekkies en 400m naelloop.
Loutjie Steenekamp kon weens ‘n voetbesering nie deelneem nie en gaan by die klub kampioenskappe deelneem om te kwalifiseer vir die Suid Afrikaanse kampioenskappe.
Bernice Moller d o/15 en John Mogohloana gaan ook aan die klub kampioenskappe deelneem om vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe te kwalifiseer.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube