<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

HPP spog met sewe trofeë!

 
School : 07 Mar 2016 87 Viewed 0

MOKOPANE – Hoërskool Piet Potgieter (HPP) het by die 53ste Bosveld Interhoër verlede Saterdag die beker vir beste presteerders opgeraap. Hulle was kort op Hoërskool Frikkie Meyer se hakke en het algeheel tweede geëindig met ’n groottotaal van 581 punte teenoor die wenskool se 606 punte.
HPP se top-tien atlete is soos volg: Wilma Nel is die top atleet. Sy het in die gewigstoot vir meisies o/14, ’n afstand van 11.77m behaal. Luzaan Taljaard het tydens haar deelname aan die gewigstoot vir meisies o/16, 11.79m vêr gestoot. Mirieck Griessel se afstand in die gewigstoot vir meisies o/19 is 10.84m en Marnus Uys wat vierde op die top-tien-lys is, het ’n nuwe rekord opgestel tydens sy deelname aan die 100m vir seuns o/19. Sy tyd is 10.5 sek. Dié blitsige atleet (foto regs) het ook die 45-jaar-oue rekord in die 200m vir seuns o/19 ge-ewenaar en is as die beste baanatleet aangewys.
Antonette Brits het ’n afstand van 9.77m bereik in die gewigstoot vir meisies o/14. Lachelle de Beer het die 90m hekkies vir meisies o/14 in 14.9 sek kafgedraf. Pontsho Ngobeni se deelname aan die 3000m vir seuns o/19 is in 9:08.6 sek voltooi en besorg aan hom ’n sewende plek in die top-tien atlete. Johnty Darvall het die 100m hekkies vir seuns o/17 in 15,0sek voltooi. Sello Nyawene het in die 1500m vir seuns o/19 ’n tyd van 4:06.9 sek aangeteken en Andie Kriel se afstand in gewigstoot vir meisies o/17 is 9.80m. 
Tesame met die prestasie beker het HPP atlete ook die volgende trofeë verower: Meisies aflos; seuns aflos; junior en senior meisies en beste meisies span.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube